FREE SHIPPING for orders over R1000! Discount Code: TTB FREE SHIPPING

Meyer, Joyce - Wen die stryd in jou gedagtes

Meyer, Joyce - Wen die stryd in jou gedagtes

Regular price R 15 Unit price  per 

Second-hand books in good condition. Images sourced from the internet. All books are cleaned before shipment/collection.

Description:

Wen die stryd in jou gedagtes word gereken word as een van die impakrykste Christelike boeke van die afgelope dekade. Dit is Joyce Meyer se bekendste titel en loshande haar bes verkopende boek tot op hede.

Die boek is ingedeel in drie dele: Deel I handel oor die belangrikheid van ons gedagtewêreld; Deel II verken sekere denkwyses en kyk na die oorsake van elk, en Deel III spreek sekere ingesteldhede aan wat die gevolg is van verkeerde denkwyses. Joyce Meyer se kennis, insig en ervaring help lesers verstaan waarom die lewe soms soos ’n opdraande stryd voel, leer hulle waar gevoelens soos kommer, twyfel, depressie, woede en veroordeling vandaan kom, en bied aan hulle die sleutel om die oorwinning te behaal waar dit saak maak – in hulle gedagtewêreld. Meyer praat openhartig oor haar eie mislukkings en die pad wat sy moes stap om te kom waar sy nou is.

Wen die stryd in jou gedagtes bevat ’n kragtige, Bybels-gefundeerde boodskap wat aan gelowiges sal wys hoe om ’n lewe van oorwinning te lei.